Jou kinders is vir ons van groot waarde! Doxa Deo Kids is ’n plek waar kinders net kind kan wees, ’n plek waar kinders net kind kan wees, ’n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ’n kerk vir die jonger generasie. ’n Plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar. 

Ons droom dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Visie: Om God te sien regeer in 12 stede
Missie: Deur mense en die samelewing te verander
Slogan: Raising City Changers

Bedieningsgroepe

By Doxa Deo Kids wil ons graag elke kind op sy vlak bedien.
Ons het die volgende ouderdoms groepe.

Ons weet elke kind is besig om konsepte oor God op sy eie vlak te leer ken. Daarom wil ons hulle help om Sy hart op ’n prettige manier te leer ken.

Ons voorskool klas is van 2 jaar tot graad R. 

Ons graad 1-4s word in een groot groep bedien omdat ons elke ouderdomsgroep se behoeftes en manier van dink en redeneer in ag neem wanneer ons met hulle gesels oor God.

Ons het baie pret saam. Verhouding met elke kind is vir ons belangrik. Dit is vir ons belangrik dat kinders op hierdie ouderdom sal leer om ander lief te hê soos wat Hy ons lief het.  

Dit is vir ons belangrik dat Sondae nie die enigste plek is waar hulle die boodskap hoor nie, maar dat dit huis toe gevat word ook en dat daar deur die week ook daaroor gepraat word.

Glue is ons Graad 5, 6 en 7’s. Ons besef hulle is op ’n baie belangrike tydperk van hulle lewe. Ons weet dat hierdie ouderdom kind op die beginpunt van sy soeke na die antwoord vir die vraag “wie is ek?”

Daarom is ons fokus intensioneel op sy/haar identiteit. By Glue fokus ons op intesionele gesprekke waar hulle die waarheid van hulleself ontdek. Ons wil graag hê wanneer jou kind sy “tiener” fase betree hy die vogende moet weet: Ek weet wie God is en ek weet wie ek in God is en ek kan ’n verskil in hierdie wêreld maak. 

Jou kind se veiligheid is vir ons baie belangrik, daarom verwag ons van ons ouers om elke jaar ñ nuwe registrasievorm in te vul, ter wille van korrekte inligting en vrywaringsvorm wat jaarliks geteken moet word.

Kyk uit vir ons Doxa Deo Kids registrasietafel waar kinders elke week kan registreer en hul plakkers ontvang. Elke kind sal 2 plakkers ontvang, een word op hulle geplak en die ander word aan die ouer gegee. Let op dat slegs ouers met plakkers toegelaat sal word om kinders af te haal by hulle klasse na afloop van die diens. Hierdie proses is ter wille van jou kinders se veiligheid. 

Called ones

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Alicia Koen

Doxa Deo Kids Leier

[email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap