By Fusion is dit ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam aan dui dat elke tiener sal bind met God. Daarom is ons passievol oor ons skole en ook oor alles wat op ‘n Sondag by Fusion gebeur.  Ons praat onder andere met die tieners oor God, Wie Hy in jou is, dat Hy die wêreld deur jou wil impakteer en soveel meer…  Deur persoonlike mentorskap, stap ons ‘n pad saam met elke tiener om hulle te begelei in hul persoonlike verhouding met God en hul medemens. Fusion vorm ‘n baie belangrike deel van die groter Langeberg Kampus.

Bymekaarkom-tye

Ons kom Sondae tydens die kerkdiens (09:00) bymekaar in die hoof ouditorium waar ons saam die aanbidding geniet en verdaag van daar na die lounge.

By Fusion word tieners nie net bedien nie.  Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.

Om betrokke te raak by ons tienerbediening, kontak gerus vir Ruan Uys by [email protected]

1 jare terug

Fusion Langeberg Kampus

Moving Up! Glue en Fusion Celebrate die einde van 2017 en verwelkom 2018 se Nuwe Glue en Fusion Kids by RUSH Trampoline Park. FUN. ... Sien MeerSien Minder

Beskou op Facebook
Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap