Om jou hart vir die Here te gee is ‘n ongelooflike oomblik in enige mens se lewe. Ons is saam met jou bly dat jy hierdie keuse gemaak het. Ons sal graag die pad van groei in jou geestelike lewe saam met jou wil stap.

Stap 1
Maak kontak met ons deur die kantoor te skakel by 021 987 1275.

Stap 2
Ons sal jou kontak vir ‘n lekker koppie koffie en ‘n gesprek oor hierdie spesiale oomblik.

Nuwe Ek

Om te besluit om in ‘n verhouding met Jesus Christus te staan is ‘n lewensveranderende besluit, jy sal nooit weer dieselfde wees nie. Ons wil graag saam met jou ‘n pad stap en jou help om te groei in hierdie verhouding.

Indien jy onlangs tot bekering gekom het en graag wil groei in jou verhouding met die Here wil ons jou nooi om deel te word van ons Nuwe Ek proses.

Vir meer inligting kontak Jacques Lombard by [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap