Ons glo God is deel van elke fasset van jou lewe. Tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke fasset van jou lewe raak te sien.
Kindertoewyding
Jou kind is vir die Here, vir jou as ouer en vir ons by Langeberg Kampus so kosbaar. Toewydings sal gebeur tydens dienste.
Jesus sê in Markus 10:14-16: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
Ons sien uit om die spesiale dag saam met julle te deel.
Indien jy jou kind aan die Here wil toewy, kontak gerus vir Danelle Ellis by [email protected] of 021 987 1275