Dit is ware Langeberg Kampus-kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en bewerkstellig. Deel hiervan, is die kultivering van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort’, te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom.  Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Info-toonbank

Ons wil ook verseker dat enige vrae wat mense mag hê, so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word. Dus het Langeberg Kampus ook ‘n info-toonbank wat navrae, CD bestellings en soms kaartjieverkope, hanteer. Indien jy deel van hierdie bediening wil wees, sal ons jou met graagte die nodige opleiding gee.

Verwelkoming

Dit vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die i-serve span is dus verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang. As jy graag op enige van die bogenoemde wyses betrokke wil raak, kontak gerus vir:

Danelle Ellis by [email protected] of 021 987 1275

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap