Ons glo God is deel van elke faset van jou lewe. Tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke faset van jou lewe raak te sien.

VERHOUDING MET GOD

Het jy onlangs ‘n oorgawe gemaak en Christus as jou verlosser en saligmaker aangeneem? Ons wil jou graag bemagtig in die pad vorentoe.  Kliek hier vir ‘n boekie wat jou sal begelei op jou nuwe lewensreis. Ons as Doxa Deo Kameeldrift-span wil egter ook graag saam met jou die pad stap. Kontak ons by [email protected] of skakel ons by 012 808 9950 vir ‘n afspraak met een van ons spanlede.

DOOP

“Gaan dan heen, maak dissipels ….  doop hulle in die Naam van Jesus ……” Matt 28:19.  Hierdie is die woorde van Jesus.  Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus.  Die metode wat ons gebruik is onderdompeling waardeur ons vereenselwig met Jesus se dood, begrafnis en opstanding.  Kontak ons kantoor 012 808 9950 of vir Johann by [email protected]  indien jy gedoop wil word.

DOPING MET DIE HEILIGE GEES

Die dag van jou wedergeboorte het die Heilige Gees reeds in jou kom woon. Volgens die Bybel rus die Heilige Gees die Christelike gelowige toe met gawes. Die gawes van die Heilige Gees word saamgevat in 1 Kor 12 in die Nuwe Testament. Indien jy die doping met die Heilige Gees wil ontvang, kontak Johann by [email protected].

GEBED

Voor elke diens word daar saam gebid. Aan die einde van die 10:00 diens is daar spanne wat gereed is om saam met enige iemand te bid – wat ookal die versoek. Vir meer inligting, kontak Müller by [email protected].

KINDERTOEWYDING

Vir elke ouer is hierdie ‘n geleentheid om hul kinders toe te wy soos wat Jesus toegewy is (Luk 2:42). Tydens hierdie geleentheid lê ouers ‘n belofte af om in verhouding met die Here vir hulle kinders ‘n voorbeeld te wees van wie Christus kan wees vir hulle.  Kontak die kantoor by [email protected] en noem dat jy jou kind wil toewy.

TROUE

Ons is opgewonde saam met jou vir hierdie nuwe fase in jou lewe.  Verskeie van ons pastore is beskikbaar vir jou troue. Ons beste wense vir die beplanning van jou groot dag.  Kontak gerus die kantoor by [email protected] of skakel 012 808 9950 vir beskikbaarheid van pastore, of om die Ouditorium (tent) te bespreek sou jy ‘n plek benodig vir jou spesiale dag.

BEGRAFNISSE

Ons is hier om saam met jou deur hierdie moeilike dag te gaan.  Saam met een van ons pastore kan ons jou help beplan aan die diens, keuse van Skrif, keuse van liedjies, ens.  Ons beraders is ook beskikbaar indien nodig.  Kontak: 012 808 9950 of [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap