As jy in Graad 8 -12 is en die lewe saam met ander jongmense van jou ouderdom wil ontdek, is Fusion DIE plek vir jou.  Dit is ‘n plek waar jy jouself kan wees, met ander kan connect, en waar julle mekaar kan challenge om geestelik te groei.Ons begeerte is dat ons jongmense energieke lewens sal leef en hul identiteit in Christus sal ontdek. Praise & Worship en relevante Woord gebasseerde onderwerpe is deel van die pret by Fusion. Ons passie is om elke jongmens te bemoedig om hulle vriende en die wêreld waarin hulle leef te sien verander. Ons glo dat ons Fusion Jongmense God se roeping sal uitleef deur buitengewone lewens te leef.

By Fusion word tieners nie net bedien nie.  Ons skep ook geleenthede vir tieners om hulle passies en talente te kom uitleef deur ander te bedien.

Om betrokke te raak by ons tienerbediening, kontak gerus vir Francois Boyce by [email protected]

Bymekaarkom-tye

Life Group:

Ons kom elke Woensdagaand bymekaar en bespreek tiener-relevante reekse soos identiteit, impak, ens.

Tyd: 19:00-20:30

Ons het eenmaal ‘n maand ‘n Vrydagaand byeenkoms om vir ons tieners doelbewus die geleentheid te skep om vriende te nooi en op die fun element van tiener wees te fokus.

 

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap