Meer Oor

Helderberg

Kampus

WAT LEEF IN DIE HART VAN DOXA DEO

Doxa Deo Helderberg is deel van ‘n groter familie wat passievol is oor God en mense. Ons droom is om stede te verander na plekke waar God regeer. Ons doen dit deur ons passie vir God uit te leef in ons gemeenskap, ‘n impak te maak by ons werksplekke en behoeftes in die gemeenskap aan te spreek. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hul wêreld. Ons noem onsself ‘ City Changers’ wat God ken, mense liefhet en die wêreld impakteer met die waarheid van Jesus Christus.

 

KNOWINGGOD_ORANGE
LOVING PEOPLE_ORANGE
IMW_ORANGE

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus Christus in al hierdie sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!


Waar en wanneer


Sondag Dienstye

Oggenddienste

08:30

10:15

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Afrikaans

OUDITORIUM  |

Doxa Deo Ouditorium

Melcksloot Village

Cnr. De Beers and Rees Ave

Somerset West

Cape Town

7130

AANLYN KERK  I  Besoek gerus ons Facebook en Youtube kanaal vir Aanlyn Preke

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in              1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak gerus ons kampus kantoor om in te skakel by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons uitleef.

Kontak ons op  

[email protected]

om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Danie en Joharita Roodt

Kampusleiers

Danie Roodt

Kampus & Zone Leier

Christiaan Rossouw

Fusion, TREE, Young Adults

Irma Louw

Kampus Bestuurder, Kaapstad

AJ Kruger

Aanbidding & Life Groups

Anya Le Roux

Doxa Deo Kids

Anchen Kahlau

TREE Werker, Sosiale Media

Jean-Pierre Smit

Bedieningsassistent

Johannes Ramalatswo

Algemene Werker

Hendré Van Heerden

Life Groups