Ons glo God is betrokke by elke fasset van jou lewe. Tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om die liefde van God in elke fasset van jou lewe raak te sien.
Kindertoewyding
Hierdie is nie ‘’kinderdoop’’ nie maar wel ‘n geleentheid van seën wanneer ons die kinders aan die Here toewy.
Jesus sê in Markus 10:14b-16: (Afr 1983 vertaling) “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”
Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.
Ons deel hierdie spesiale dag met julle en sien uit om jou kind/kinders tydens die diens aan die Here toe te wy.
Kontak vir Lofty Nel by 082 446 5515