DOXA DEO KIDS

By Doxa Deo Kids voel ons kinders hulle is deel van die groter kerk.

Saam met ons ouers wil ons elke kind sien groei in julle belewenis met God. Ons vertrou die Here dat elke kind by Doxa Deo Kids hulle ware identiteit sal ontdek van wie hulle in Christus is en dat hulle die Heilige Gees se stem sal ken. Ons begeerte is dat ons kinders deur God se liefde, jong “City Changers” sal wees wat julle families en maats sal beïnvloed om buitengewone lewens te leef in hulle lewensavontuur.

Ons lesse is interaktief en relevant vir elke graad groep. Ons wil hê dat ons kids nie net Bybelverhale sal hoor nie, maar deur belewenisse passievol oor die Woord sal wees en God persoonlik ken.

Ons bou intensioneel ‘n multi-generasie bediening waar jonk en oud deel uitmaak van ons bedieningspan.  Ons Doxa Deo Kids Called Ones (vrywilligers) se energie en “commitment” is aansteeklik.  Ons Fusion tienerbediening het die voorreg om een keer per maand saam met hierdie span ons kinders te dien.

Ons kinderbediening vind plaas tydens die oggenddiens en die kinders word vooraf by die Doxa Deo Kids tafel geregistreer.

Bedieningsgroepe

Ons fokus op die volgende groepe:
3-5 jaar
Graad R-1
Graad 2-3
Graad 4-5
Graad 6-7

Doxa Deo Kids Called Ones (Vrywilligers)

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n relevante les op ‘n kreatiewe manier aangebied.

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede vir mense met ‘n passie vir kinders om een tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as groepleier.

Indien jy betrokke wil raak, kontak gerus vir Zelda Coetzee by [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap