HOPE

Hope is ‘n aaneenlopende projek waarby ons ons eie gemeente mobiliseer om tydens dienste kos te bring sodat ons dit kan versprei na mense in ons gemeente wat in nood is.

ARK - Acts of Random Kindness

Hierdie projek is presies wat sy naam sê: Acts of Random Kindness. Dit gebeur op geleenthede wat opduik en waar ons ervaar ons ‘n bydrae of inset wil lewer.   Ons sal jou gedurig op hoogte hou van ons ARK uitreike.

Polisie

Kom belê in jou gemeenskap deur uit te reik na die Somerset Wes Polisie departement. Ons bedien hulle op ‘n gereelde basis met gebed en Woord.

Huis Thembiso

Huis Thembiso is ons gesamentlike projek saam met Langeberg kampus. Dit is ons huis wat ‘n deurgang is vir babas wat deur ouers verlaat is en oop is vir aanneming. Ons vier ons 10-jarige bestaan van hierdie huis en 178 babas is al deur hierdie huis ingeneem en aangeneem.  Vir enige navrae is jy welkom om vir Lofty en Petra Nel te kontak.

Winter Warmer

Gedurende Mei en Junie, het ons ‘n “Winter Warmer” projek waar ons komberse en geld insamel en uitdeel aan behoeftige gesinne in ons gemeenskap.

POPUP

Popup Logo

Popup is our People Upliftment Project in the City. Popup touches the most desperate of people’s lives by addressing their most basic needs. People are introduced to Christ, given life skills training as well as training in a skill that will allow them to enter the market place with confidence. There are medical, dental and eye clinics on site. People are supplied with food on a daily and weekly basis. The clothing store supplies second hand clothes to those in need. Popup is our ministry in the city that touches and changes lives daily.

Kontak vir Marlene Freislich (Fund development or B-BBEE enquiries)
+27 82 332 2581
[email protected]


Mat 25:35 – “Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.”

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap