Waarom Life Groups?

Afgesien van ‘n verhouding met God, het die mens ook behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net kerkhou op ‘n Sondag. Vennote/lidmate en vriende in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe (Life Groups) waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Wat kan jy verwag?

Groepe kom in huise bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander. Die groepe se samestelling verskil maar daar is groepe spesifiek vir tieners, jong volwassenes en volwassenes.

Omgee, Bediening, Groei en Invloed (Sharing Life) word by Groeplewe as hoë waardes beskou.

Kontakbesonderhede

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap