iServe (Die ‘’Hoe-kan-ek-jou-help?’’) mense

Ons fokus is mense en daarom is daar ‘n groot aantal persone wat ‘’iServe’’ sodat die Sondagbelewenis aangenaam is en diens en alles wat daarmee gepaard gaan goed georganiseer is. Van die parkering af tot by die verwelkoming, koffie, kuier en diensbelewenis is hulle daar om jou spesiaal te laat voel.

Daar is verskeie maniere waarop jy betrokke kan raak by die iServe span. Ons het mense wat help met parkering, verwelkoming, koffie, inligtingstoobank, finansies, opsit van baniere asook die aanry op ‘n Sondag van al die toerusting wat gebruik word in die tent, by die koffie en in die kerk.

 

Indien jy by hierdie wonderlike span wil aansluit kan jy vir Lofty Nel kontak:

 

0824465115

[email protected]

[email protected]

Info-toonbank

Ons wil verseker dat enige vrae wat mense mag hê, so spoedig en vriendelik moontlik beantwoord word. Dus het Helderberg Kampus ‘n info-toonbank wat navrae, CD bestellings en soms kaartjieverkope hanteer. Indien jy deel van hierdie bediening wil wees, sal ons jou met graagte die nodige opleiding gee.

Verwelkoming

Ons wil hê dat jy altyd welkom by Helderberg kampus sal wees. Die verwelkomingspan is dus verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote/lidmate en besoekers hartlik te ontvang. As jy graag op enige van die bogenoemde wyses betrokke wil raak, kontak ons by 021 851 6625

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap