Life
Center

Ons ondersteuning- en berading bediening word “Life Centre” genoem. Hier bied ons gefokusde ondersteuning vir mense wat dit nodig het. Ons begeerte is om te sien dat elke mens die volheid van die lewe in Christus leef.

Vir Fisiese nood soos bv. Kos en Klere, kontak asb. ons kantoor. Jou behoefte sal vandaar af deurgegee word vir die ondersteuning-bediening. Al jou inligting sal met die grootste omsigtigheid hanteer word. Daar sal ‘n gesprek gereël word om te ondersoek hoe ons op ‘n gesonde manier kan ondersteun.

Vir enige geestelike, verhoudings of persoonlike behoefte waarvoor jy ‘n gesprek, berading of terapie verlang, kan jy vir Gerhard kontak, wie jou sal verwys na iemand wat jou op die nodige manier sal kan ondersteun. Ons werk nou saam met kundiges in elke veld om jou by te staan in jou tyd van nood. Jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie.

As jy net gebed verlang vir ‘n spesifieke behoefte, klik op “praat met ons” en stuur asb. jou versoek. Die gebedspan sal graag vir en saam met jou bid.

Kontak Informasie

KERK KANTOOR

KERK WHATSAPP

Vir enige ander kommunikasie kontak ons: [email protected]

/ [email protected]

Praat met Ons