Doxa Deo het ‘n proses naamlik TREE (Transforming Educational Environment) wat ons implementeer in ons skole en wat skolewerkers bemagtig om te funksioneer met ‘n gesindheid wat hoofde, personeel en leerders ondersteun om ‘n gesonde en lewegewende omgewing te skep. In die afgelope jaar was daar skolewerkers betrokke by Hoërskool Punt, Glenwood House en nou ook by Hoërskool Outeniqua vanaf September 2022. Skolewerkers help personeel lede met administratiewe take asook deur leerders te ondersteun en na hulle te luister. Verder skep hulle geleenthede van waardering deur bv die uitdeel van muffins en cuppacino’s vir personeel lede. Dit is ook vir ons belangrik om inspraak te lewer in tieners wat gekies word vir die Leerlingraad daarom bied ons opleiding aan om hulle te bemagtig om ‘n verskil te maak in hulle skole.
Hier by Doxa Deo Tuinroete is dit vir ons belangrik om hande te vat met ons omgewing se Hospitale, Polisie en Kinderhuise. Hulle speel so ‘n belangrike rol in die welsyn van ons gemeenskappe.
Covid het unieke geleenthede geskep vir betrokkenheid by twee hospitale. Daar was verskeie geleenthede van waardering en gebed vir die hospitale se personeel. Een Klein groep van vennote het die inisiatief geneem om ‘n kunswerk met bemoedigende woorde daarby te laat verf op ‘n muur by een van Bayview Life Hospitaal se uitgange.
By die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal was daar verskeie geleenthede van gebed en waardering vir die personeel.
Tydens een van die geleenthede het een van die verpleeg personeel vir een van ons vennote vertel van die behoeftes by mammas met pasgebore baba’s in die hospital. Deur verskeie gesprekke daarna het Cherished Baby, ‘n bestaande projek in die groter Doxa Deo familie, ook hier begin. 40 – 50 vennote betrokke is, elkeen met ‘n spesifieke rol wat hulle vervul. Cherished Baby verskaf sakke met die nodigste benodighede aan mammas in hospitale. Die span skryf ‘n brief aan elke mamma en lewer dit saam met die sakke persoonlik aan die mammas. Gefasiliteer deur ‘n vennoot wat saam met die mamma bid en haar brief ook saam met haar lees. Ons gebedspan bid elke Woensdag vir die Cherished Baby span wat die mammas in die hospitaal besoek. In die laaste kwartaal het ons 120 sakke geskenk (die waarde van ‘n sak beloop tussen R400 en R500) Verder stel ons die mammas bekend aan en probeer hulle aanmoedig om by Creating Effective Families in te skakel vir ondersteuning vir hulle familie, asook Work for a Living om hulle te bemagtig om werk te soek.
Ons het ook weer betrokke geraak by ‘n administrasie en liaseering projek by die hospiktaal om op so ‘n manier ook te ondersteun.
Ons het ‘n waarderings geleentheid gehou vir Mosselbaai se SAPS skof werkers vir hulle harde werk en toewyding aan die gemeenskap.
Ons is tans besig met verkennende gesprekke met Huis Môreson in George om hande te vat en te kyk hoe ons kan help om ‘n verskil te maak in kinderhuis-kinders se lewens. Verskeie behoeftes is geidentifiseer, waarvan een van die grootstes is om die hoeveelheid kinders wat huidiglik woon in Huis Môreson op die een perseel te help verminder deur nog ‘n huis te begin.
Die afgelope jaar het ons by tehuise op verskillende maniere bedien en ondersteun. By die tehuise van die ACVV was daar verskeie bedienings geleenthede geskep. By Onse Rus en Ons Huis was daar nagmaal tydens Paasfees bedien. Die terugvoering vanaf personeel en inwoners was baie positief. Daar is ook geskenk pakkies tydens Kersfees voorsien. By huis Kenane is ons al verskeie jare op baie maniere betrokke. Ons voorsien twee keer per week kos aan 8 huise van Kenane met 67 inwoners. Ons het ook ‘n groot fees geleentheid oor kerstyd waar die inwoners onthaal word met lekker kos en musiek en ‘n spreker. Tydens die geleentheid word daar ook ‘n geskenkie vir elke inwoner gegee.
Verder het ons vennote oomblikke gefasiliteer by Onse Huis tehuis vir maklike toegang tot ons preek reekse en dagstukkies. Daar was ook geskenke gegee aan die 90 lede van die tehuis. Vennote het ‘n naam getrek van ‘n inwoner by die tehuis en het ‘n persoonlike geskenk pakkie opgemaak spesiaal vir daardie persoon. Ons het ook by Caro’s nagmaal gaan bedien en daar was ook tydens die afgelope Impak-reeks ‘n gespreksgroep daar gefasiliteer. Ons glo mense in hierdie tehuise is deel van ons samelewing, en speel steeds ‘n belangrike rol. Daarom reik ons op hierdie verskillende maniere uit.