Gerhard van Rensburg - August 15, 2021

Opbou na 50dae van Transformasie - Week 3

Opbou na 50dae van Transformasie

From Reeks: "Opbou na 50dae van Transformasie"

As dit kom by die verandering (metamorfose – Romeine 12:2) wat God in elkeen van ons wil werk, is daar veral twee algemene maniere van dink. Die een manier is om te dink dat God se genade in ons werk en met die werk van die Heilige Gees verander ons lewens. Dit gebeur vanself, sonder enige “effort” van my kant af. En omdat dit genade is, is dit miskien ook nie so noodsaaklik dat my lewe verander nie. Maar hoekom sal Jesus en die apostels dan so baie praat en skryf oor die nuwe manier van lewe as dit miskien nie so belangrik is nie en in elk geval vanself gebeur as dit moet? Die tweede manier van dink, sê: ja ons is gered uit genade, maar omdat ons gered is, is daar nuwe beginsels of reëls waarvolgens ons moet lewe en so verander ons lewens. Maar is daar dan in wese enige verskil tussen die Ou en Nuwe Testament? Is daar ‘n ander manier van glo en dink? Vir die volgende 3 weke gaan ons as Doxa Deo Tuinroete Opbou na ‘n tydperk wat ons 50 dae van Transformasie noem. In hierdie Opbou, gaan ons gesels oor hierdie ander manier van glo en dink sodat ons kan uitkom by die Transformasie wat Jesus vir elkeen van ons bring. En “toevallig” is dit juis iets soos die Olimpiese Spele wat ons hiermee help! “Grace is not opposed to effort, it is opposed to earning. Earning is an attitude. Effort is an action.” – Dallas Willard, The great Omission

More From "Opbou na 50dae van Transformasie"

Powered by Series Engine

Praat met Ons