“God chose you out of all the people on Earth as His cherished personal treasure.” (Deuteronomy 14:2) 

Cherish is ons vroue bediening eie aan Doxa Deo en ons wil jou graag uitnooi om by ons aan te sluit.  Daar is iets vir elke vrou by Cherish. Dit is ons begeerte:

  • dat elke vrou geïnspireer sal word;
  • dat vroue bemagtig sal word om geestelik en emosioneel te kan groei;
  • dat elke vrou sal besef dat die Here haar koester en baie lief het; en
  • dat sy saam met ‘n klomp vriendinne, pret, vriendskap en vreugde sal beleef!

Hier is ‘n paar van ons geleenthede spesiaal vir jou:

Cherish Events:
Tydens ons Cherish events kan jy kom ontspan, saam met vriendinne kuier en tyd in aanbidding en die Woord spandeer. Datums is: Dinsdagaand 3 Maart, Maandagaand 3 Augustus en Dinsdagaand 3 November.

Cherish WORD:
Elke kwartaal is daar ‘n Cherish Word Bybelstudie op Maandagaande of Dinsdagoggende:

Elke kwartaal is daar ‘n Cherish Word Bybelstudie op Maandagaande of Dinsdagoggende:

– Gideon (Pricilla Shirer) is ‘n 6-weke studie wat op 27 en 28 Januarie begin.
– Defined (Priscilla Shirer) is ‘n 7-weke studie wat op Sondag 2 Februarie begin.
– 2020  is ‘n 6-weke Bybelstudie deur Christine Caine wat op Dinsdag 11 Augustus begin.

Daar is ook ‘n weeklikse groep op Donderdae (08:00 – 09:00) wat rondom die Woord kuier.

Propel:
‘n 6-sessie kurrikulum vir vroue in leierskap – hetsy by die huis, by die werk, of in bediening. Volgende kurrikulum, nl. Wisdom, skop af in Mei 2020.

Cherish MOMS:
Weekliks is daar ‘n groep vir ma’s met baba’s en kleuters op Woensdagoggende om 09:30.

Cherish LIFE:
Ons wil graag die behoeftes in ons gemeente aanspreek, daarom reik ons uit na ons kinderhuis en ander projekte.  Ons verskaf ook benodigdhede aan behoeftige kinders in ons naburige skole, met ons GIRL en ARROW projekte.

Cherish Mentoring:
Gedurende 2020 doen ons Flourish, ‘n jaar-lange mentorskapprogram

Cherish Team:
Daar is ook geleentheid om betrokke te raak deur te dien op een van die spanne by Cherish.  Daar is event spanne, groepleiers, tegniese spanne, gasvryheidspanne, dekor, ensovoorts.

Kom leef jou passie en gawes uit by Cherish!

Kontak gerus vir Carol-Anne van Loggerenberg vir meer inligting:

[email protected]

https://www.doxadeo.org/cherish/