GLOBAL OUTREACH DAY

GeneroCity gaan oor meer as net gee… GeneroCity gaan oor vrygewig leef teenoor ons stad. Ons leef om die verskil te wees in ons stad.

Party keer voel ons of ons nie die kapasiteit  het om te gee nie, maar vrygewigheid is meer as finansies, vrygewigheid is klein, alledaagse dade van liefde, meegevoel en seen.  Wanneer ons vrygewig is, beïnvloed dit ons families, ons gemeente en ons stad.

 “WHEN RIGHT-LIVING PEOPLE BLESS THE CITY, IT FLOURISHES”

Proverbs 11:11

Wanneer ons ons leefstyl so aanpas dat ander in ons omgewing vrygewigheid ervaar, en ons oop is om ‘n vrygewige lewe te leef, dan begin ons ‘n stad en ons kultuur transformeer.

By Doxa Deo Faerie Glen is daar verskeie Projekte waarby jy betrokke kan raak. Hetsy deur vrygewig met jou tyd, vaardighede of finansies te wees:

  • HOPE (Help Our People Eat) – is ons versorgingsprogram vir vennote wat deur korttermyn uitdagings gaan.
  • POPUP (People Upliftment Programme) vaardigheidsontwikkeling met die visie om mense se lewens te transformeer en hulle op te hef om ‘n verskil in hul omgewing te maak.
  • LIFE CENTRE– Hier bied ons bemoediging, berading, gebed, bediening, SoulCare en ’n netwerk van professionele gesondheidssorg aan. Vrywilligers en professionele persoon bedien mense om restourasie te bring.
  • TREE (Transforming the Educational Environment) – ‘n inisiatief waar ons onder andere jeugwerkers in skole plaas om sodoende die jonger generasie te bereik met die evangelie.
  • TREEHOUSE – ’n Bediening wat ondersteuning bied aan ouers wat pleegsorg kinders inneem.
  • POLISIE – Die Here het dit op ons hart gelê om ’n gefokusde verhouding met Boschkop Polisie Stasie te bou en hul te dien deur verskeie inisiatiewe.
  • KEY CONNECTION– ’n bediening wat ondersteuning bied aan mense wat hulself tussen werke bevind.
  • ANDER – ad hoc evangelisasie uitreike, Cherish Life en ander projekte

Gee Elektronies


Kampus:
Kampus:
Kategorie:
Kategorie:
Beskrywing:
Beskrywing:
Bedrag:
Bedrag:
R

In gevalle waar die verkeerde bedrag deur die skenker getik is, sal Doxa Deo die skenker om die volle bedrag – afgetrek die bank koste wat aangegaan is om Doxa Deo – binne 30 dae betaal.

Kontak Informasie

ZABETH DE BEER

Praat met Ons