Sozo is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van interaksie met Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.
Sozo as ‘n bediening is ontwikkel en saamgestel deur Dawna da Silva by Bethel Kerk in Redding, California.

Sozo is ‘n Griekse woord wat die kombinasie van die drie konsepte ‘saved, healed, delivered’ beskryf.
Sozo is ‘n unieke bediening vir innerlike genesing en bevryding. Die bediening is daarop gemik om by die oorsprong uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Wanneer daardie verhouding herstel is, kan jy die doel waarvoor jy geroep en geskape is, ten volle begin uitleef.

Die Sozo sessies word gefasiliteer deur vrywilligers wat geen vergoeding daarvoor ontvang nie. Hulle doen dit in hulle vrye tyd omdat hulle ‘n passie het om mense te help. Afsprake is dus onderhewig aan die beskikbaarheid van fasiliteerders.

Om te registreer – Kliek Hier!

Ons vra nie konsultasiefooie vir ‘n Sozo sessie nie, maar jy is welkom om ‘n donasie te gee vir Sozo. Jy kan dit dmv EFT doen Transformation House;
ABSA Bank 4088160876;
Verwysing: Sozo+Naam

[email protected]