Doxa Deo Durbanville Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in ons pragtige stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste, selgroepe asook die talle kursusse en geleenthede wat weekliks aangebied word, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.
Welkom by Doxa Deo Durbanville Kampus
Tyd & Plek
: 09:00
:
Bellfour Office Park, 1 Edmar str, Cape Town
Sondag Dienste
Ons ontmoet elke Sondag vir ‘n Feesdiens om 08:00 EN 09:45 by Bellfour Office Park, 1 Edmar str.
Wat Om Te Verwag
Ons is ‘n gemeente waar Volwassenes, Tieners en Kinders met volle oorgawe ontdek wie ons in God is en waaroor die lewe werklik gaan. Ons is ‘n gemeente wat graag met mekaar die lewe deel, daarom is dit ook belangrik om by ‘n groep in te skakel. Ons het ‘n passie vir God, ‘n passie om te sien hoe God in en deur mense werk en ons het ‘n passie vir hierdie mooi stad.
Hoe word ek 'n vennoot van Durbanville Kampus?
Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Durbanville Kampus nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.
Vir meer inligting kan jy kontak maak met Riaan Gouws by [email protected] of jy kan hierdie QR code met jou slimfoon skandeer:
Hoekom Vennootskap?
Oor Ons Personeel
Kerk is soveel meer as ‘n diens aan die naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien elke mens in Jesus te glo, wat deel uitmaak van ‘n gesin , besig om ‘n dissipel is, en die bou van sy koninkryk.
Kampus Personeel
Riaan Gouws
Rian Nel
Lizelle Gouws
Anneke Smit