Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan. Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.
Jou kind is kosbaar!
Ons maak seker dat ons jou kontakbesonderhede het voor ons jou kinders inneem by Doxa Deo Kids. Dit verseker dat ons jou kan kontak tydens die diens in noodgevalle en dat ons bewus is van enige allergie of mediese toestand. Jou kind se welstand is ons eerste prioriteit.
Registreer asb hier indien jy nuut is by ons. Ons vra eers die ouers se kontak besonderhede en dan kan jy jou kind/ers se inligting laai.
KLIEK HIER om ouers en kinders te registreer.
Kom leef jou passie uit
By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.
Bedieningsgroepe
Bediening vind elke Sondag, tydens die dienste aan die volgende groepe plaas:
-
2-3 jaar
-
4-5/6 jaar
-
Gr 1-5
-
Gr 6-7