Ons bied geleenthede vir mense wat verkies om meer by lokale projekte betrokke wil raak indien die groot fondse van die staat 'n bietjie ver voel.

Ons ARK fonds help mense in ons gemeente en die normale bankrekening is geskik daarvoor. Doxa Deo Durbanville, ABSA Takkode: 632005, Rek nr : 4094038770, Merk DV ARK.

NPO as jy belasting voordele vir jou donasie soek: ROCC (Reach Out City Changers) wat 18a status indien jy dit verlang.

AFM of SA, ABSA 1400142870, Classic Business Account, Tak 632005, Swift no ABSAZAJJ. Merk betaling DV Kampus.

Deur hierdie projek help ons behoeftige gesinne binne sowel as buite die gemeente. Ons dra ook by tot Helpende Hand wat die verspreiding van kospakkies behartig. Vir meer informasie oor ARK kan jy Riaan Gouws bel op 071 484 0071.

Kontak ons span: Durbanville Kantoor

Indien jy enige komberse of duvets, klere, huisware, kombuisware, speelgoed ens. het wat jy wil skenk vir mense wat in hierdie tyd dit benodig, kan jy dit by Helpende Hand se winkel in Kraaifontein gaan aflaai in Brighton weg (tussen OK en Engen). Indien jy weet van iemand wat hulp nodig het, kan jy op ons website gaan kyk onder Covid-19 Projekte. Jy sal onder Helpende hand ‘n vraelys kry om Helpende Hande instaat te stel om hulp effektief te kan verleen.

Kontak ons span: Durbanville Kantoor

“House of Thembiso” (belofte in Xhosa) is ‘n plek van veiligheid of halfweg huis vir babas tot op die ouderdom van 12 maande. Ons wil graag ook die nood wat daar is aanspreek deur jou te vra of jy ‘n bydrae kan maak. Daar is verskeie maniere hoe jy kan bydrae. Van die groot behoeftes is gewoonlik doeke en elektrisiteit. Jy kan direk met ons baba-huis kontak deur ons te besoek op ons Facebook blad. 
ntvang.

Kontak ons span:Durbanville Kantoor

Ons is n veilige, leersame omgewing vir die plaaswerkers se kleuters (van die omliggende Durbanville plase) , waar hulle elke dag n kans gebied word om hulle volle potensiaal te bereik. Ons het tans 22 3-5jarige kleuters en fokus daagliks op vroeë kind ontwikkelings aktiwiteite om hulle voor te berei vir die dag wat hulle ‘groot skool’ toe moet gaan.  Hulle kry ook daagliks 2 maaltye en 2 ‘snacks’.
Weens die Carona Virus is ons tans gesluit en alle kleuters is tuis by hulle ouers.  Ons personeel woon ook op van die plase en help met toesig waar nodig.  Kospakkies word maandeliks afgelaai  aangesien daar geen inkomste is by huise nie.  Hulle betaal tans ook geen skoolgeld nie so ons maak staat op donasies om te sorg dat ons kleuters en hulle gesinne kos het en ook veilig is.  Ons benodig ook finansies om seker te maak salarisse kan betaal word en dat ons ook weer ons deure kan oopmaak na hierdie tyd.  ons het in 2010 ons deure oopgemaak en is hierdie jaar 10 jaar oud. Die Here het nog elke keer voorsien waar Hy moes en ons vertrou dat Hy ons deur hierdie tyd ook sal dra.  Ek maak ook werkvelle vir kleuters en is daagliks deur whatsapp met die ouers in kontak en stuur aktiwiteite en speletjies deur wat hulle met kleuters kan doen. Ook om hulle ingelig te hou oor die virus.
Ons kan n Artikel 18 A vir tax doeleindes uitreik vir enige donasies.
Kontak Sandra Wessels: Admin

Kyk na hierdie opsomming van aksieplanne met jou persoonlike finansies as jy inkomste verlies beleef. Riglyne vir Persoonlike Finansies

Ons het mense in ons sake-bediening wat graag met jou ‘n “coaching” sessie wil insit. Hier is ‘n skakel vir aksieplanne vir besighede Relieve Measures Guide