Ons "Worship Team"

Musikante

Om die Here te aanbid is ‘n voorreg en ‘n vreugde wat ons as mens ontvang het, maar om dit te fasiliteer is een van daardie dinge wat nie net ‘n groot voorreg is nie, maar dit is iets wat in jou geplaas is om uit te leef. As jy ‘n musikant/kunstenaar is weet jy waarvan ek praat. In ons kampus skep ons die geleentheid vir mense om hulle passies uit te leef in ‘n omgewing waar jy gaan groei en beleef hoe die Here jou gebruik. Jy kontak my [email protected] of 084 838 3026 vir ‘n oudisie en ons maak seker dat jy deel kan word van hierdie span.

Tegniese Span

Ons tegniese span is net so deel van die Worship team as enige musikant. Dit is waar al die werk en magic bymekaarkom. Die tegniese span is verantwoordelik om die kommunikasie van die verhoog af is so manier te verpak dat mense kan deel in God se teenwoordigheid en dit wat Hy besig is om te doen in die dienste. Indien jy ‘n passie het vir klank, beligting, multimedia of enige ander tegniese aspek van ‘n diens is hierdie die bediening vir jou. Ons oefen Donderdae aande 18:30 tot 20:00.

Indien jy deel wil word van ons aanbiddingsspan, kontak Rian Nel @ [email protected] / 084 838 3026.