Description
‘n Man, ‘n vis en ‘n verteller, ‘n onwaarskynlike trio en ‘n avontuur gevul met sang, drama, dans en geluk. Met ‘n gawe vir musiek is Jona en sy boeties, “The JONA’s Brothers”, se lewe iets wat enige 500BC jong man net oor kan droom! Hoor jy dit, wat is daai? Dis die roepstem van Die Here wat Jona en sy goue stem salf met ‘n roeping na…na Nineveh? Is hierdie vertelling reg? Maar dis dan ‘n sondige plek? Oo, Jona hou niks hiervan nie maar gelukkig trek ‘n meisie sy aandag af, en nooi hom na Tarsis. Ongelukkig vir Jona verander Tarsis in ‘n vars vis! Kom geniet ‘n produksie gevul met avontuur en roerende gebede!
Reviews
There are no reviews yet.