Die Young Adult-groep van Doxa Deo Brooklyn bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.
Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Sondagaand om 17:30, gedurende ons eerste aanddiens. Na afloop van die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak.
Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar gemeenskap-bou die fokus is. Indien jy belangstel om te groei in leierskap, kontak gerus vir AJ Sutton by [email protected]/vc_column_text]
Groepe
Op Woensdagaande kom al die Young Adults bymekaar vir groeplewe, waar ons fokus om saam te groei in ons verhouding met God en met mekaar. Elke groep bestaan uit tussen 3-8 mense wat saam kuier om die Woord van God en inspraak gee in mekaar se lewens. Dit is ook ‘n plek waar almal mekaar beter leer ken en so die pad van geloof saam aanpak.