Doxa Deo Brooklyn se Sondag dienste in vlak 1 is om (08:30, 10:15, 17:30, 19:20) Ons kan 250 mense per diens akkomodeer.

Registrasies gebeur nou by die deure. Jy hoef nie meer vooraf te registreer nie.
Een persoon per gesin vul ‘n “Covid 19” kontrolelys in.
Almal se temperatuur word geneem.
Kom asb 5 minute vroeër vir die registrasie proses.

Indien jy siek is of kwesbaar voel tov. die virus, vra ons dat jy eerder die diens op die uitsendings op ons Youtube kanaal of op Facebook kyk.

KINDERBEDIENING:
2-6 Jaar is in die Kleuterlokaal

Graad 1 tot 6 is in die Hoeksaal

Graad 7’s word uitgenooi na Fusion elke Vrydagaand aangesien hulle volgende jaar daar gaan inskakel.

TIENERS

Ons tiener bediening tel lekker momentum op ….dit gebeur Vrydag aande in die Jeugsaal van 18:00 tot 20:30.

Kontak ons by [email protected] vir enige verdere informasie of skakel ons by 0123621396