Doxa Deo Auckland, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer. By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n wesenlike verskil in die stad sal maak.
Ons samelewing word basies in agt sfere verdeel: Kerk, Media, Kunste, Opvoedkunde, Sport, Sosiale Dienste, Sakewêreld en Regering. Ons wil graag deur ons Sondagdienste en ander geleenthede, vir elke vennoot die platvorm bied om ten volle toegerus te word om ‘n City Changer in sy/haar sfeer van invloed te wees.