Doxa Deo Kids is ‘n plek waar kinders hulself kan wees, ‘n plek waar hulle kan speel en lag, maar bowenal ‘n kerk vir die jonger generasie, ‘n plek waar hulle uitdrukking kan gee aan wat hulle van God ervaar soos wat net kinders kan.

Ons droom daarvan dat kinders sal opstaan as “City Changers” in hulle huise, skole en gemeenskap.

Bediening vind elke Sondag, tydens die diens, aan die volgende onderskeidelike groepe plaas:

3-4 jaar

5-7 jaar

8-12 jaar

Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kom leef jou passie uit

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Ek
Wil
Dien

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap