Die Young Adult-groep van Doxa Deo Auckland bestaan uit enige studente, ongetroudes en jong werkendes. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.

Die Young Adults vorm deel van die groter kampus. Een van ons bymekaarkom geleenthede is op ‘n Donderdag-aand om 19:30. Voor en na die diens is daar geleentheid om lekker saam te kuier en nuwe vriende te maak.

Ons glo dat God al die Young Adults van die stad wil bereik. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in die stad. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van byeenkomste waar community-bou die fokus is.

Groepe

Op Donderdagaande kom al die Young Adults bymekaar waar ons fokus is om saam te groei in ons verhouding met God en met mekaar. Die groep bestaan uit tussen 20-30 mense wat saam kuier om die Woord van God en inspraak gee in mekaar se lewens.  Dit is ook ‘n plek waar almal mekaar beter leer ken en so die pad van geloof saam aanpak.

Gatherings

– Sondagaande 17:30 vir die eerste aanddiens.
– Woensdagaande 19:00 by huise vir Groeplewe.

Fokus Areas gedurende die jaar

Uitreike

Ons gaan een keer per maand Soshanguve toe waar ons uitreik na ‘n groep van min of meer 60 Vigs-weeskinders. Die detail van hierdie uitreike word gedeel op ons Facebook Blad of tydens ons ander bymekaarkom geleenthede.

Socials

Een keer per maand is daar ‘n lekker social en dit word ook in detail op Brooklyn Kampus se Facebook blad geadverteer. Dit is ‘n ideale geleentheid om nuwe vriende saam te nooi. Daar is ook ‘n paar kampe om na uit te sien… Hou die Brooklyn Kampus Facebook blad dop!

Gebed

Ons het ‘n passie vir gebed by die Young Adults.  Elke Sondag vanaf 16:15 word daar saam gebid voor die diens begin. Ons het ook ‘n kwartaalikse gebedsfokus wat regtig lewens verander en ‘n impak in hierdie stad maak.

Kontak vir JT Terblanche – 012 362 1396 of [email protected], vir meer inligitng of om in te skakel by die Young Adults.

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap