Dit is Doxa Deo Auckland-kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en bewerkstellig. Deel hiervan, is die kultivering van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort’, te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom.  Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Verwelkoming
Dit vir ons belangrik dat elke persoon tuis moet voel en ervaar dat hulle hier hoort. Die verwelkomingspan is dus verantwoordelik om ons deure op ‘n Sondag te beman en alle vennote en besoekers hartlik te ontvang.

Koffie en Tee
Dit is vir ons belangrik om ons kuiergeleenthede voor en na dienste in te kleur met lekker koffie en tee. Ons helpers is verantwoordelik om ons koffie en tee bedien-area op te stel, te beman en weer af te slaan na elke byeenkoms.

Om betrokke te raak, stuur gerus ‘n epos na [email protected]

EK
WIL
DIEN

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap