“LIFE GROUPS”
Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Volwassenes in ons kampus word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.