Kids

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.
Poppekas is een van die hoogtepunte by ons kinderbieding.  Saam met Sampie, Sandra, Janneman, Ansie en liefste ouma word bybelwaarhede op n konkrete wyse aan ons kinders verduielik met praktiese toepassing in hulle eie lewe.
By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een tot twee keer per maand hulle gawe uit te leef as aanbieder of as kleingroepleier.
 
Kinderbediening vind gelyklopend met oggendfeesdienste plaas.
1ste diens:
KEWER BEDIENING: 0-3 jaar
WIKKELWURMS:  4-5 jaar
EXPLORERS: Gr R – Gr. 1
EXPLOSION:  Gr. 2 – Gr. 3
2de diens:
KEWER BEDIENING:  0-3 jaar
GLUE:  Gr. 4 – Gr. 5
YOUNG FUSION: Gr. 6 – Gr. 7

Kontak gerus vir Corien Kruger vir meer inligting by

[email protected]